Hoe Slim Is Jy Emosioneel?

5 Vrae | Total Attempts: 67

SettingsSettingsSettings
Please wait...
Hoe Slim Is Jy Emosioneel?

Doen die vraelys hieronder en kies die emosionele slim keuse:


Questions and Answers
  • 1. 
    Jy het baie hard geleer vir jou wiskundetoets, maar dan sien jy hoe jou pêl by jou afkyk. Jy ...
    • A. 

      ... verloor jou humeur heeltemal en baklei sommer terwyl julle toets skryf.

    • B. 

      ... weet jou maat sukkel en skuif jou antwoorde nader dat hy beter kan sien.

    • C. 

      ... haal diep asem en hou jou werk toe. Jy sal na die toets dit met jou hom en die onderwyser bespreek.

  • 2. 
    Jy hou baie van iemand. Wanneer daardie persoon verkeerde dinge doen ...
    • A. 

      ... doen jy dit saam met hom of haar. Die liefde is mos blind.

    • B. 

      ... gaan praat jy alleen met die persoon, maar respekteer ook dat mense verskil.

    • C. 

      ... sê jy voor al julle klasmaats én die persoon jy dink hy of sy is aaklig om dit te doen.

  • 3. 
    Jy moet ’n wetenskapprojek maak wat baie punte tel. Jy ...
    • A. 

      ... begin dadelik aan idees dink en spring aan die werk.

    • B. 

      ... los dit vir later as jou ma jou kan help.

    • C. 

      ... hoor wat jou maats doen om dalk hulle idee te vat.

  • 4. 
    Jy mag vir ’n week nie televisie kyk nie, omdat hy ongehoorsaam was. Jy ...
    • A. 

      ... kyk skelm terwyl jou ma-hulle by die werk is.

    • B. 

      ... is die hele tyd dikbek en praat met niemand.

    • C. 

      ... respekteer jou ouers se besluit en aanvaar dit so.

  • 5. 
    Jy moet na ete help om skottelgoed te was. Jy ...
    • A. 

      ... kerm en kla. Dit is grootmense se werk, nie joune nie.

    • B. 

      ... besef dat jy ook lekker saam geëet het en help graag.

    • C. 

      ... koop jou klein sussie om om dit namens jou te doen.

Back to Top Back to top