Ys, Stoom, Water ... Watter Een Is Jy?

5 Vrae | Total Attempts: 54

Please wait...
Ys, Stoom, Water ... Watter Een Is Jy?

Kies die antwoord wat die beste by jou pas en vind uit.


Questions and Answers
  • 1. 
    Wanneer ek tussen ’n klomp mense is ...
    • A. 

      ... geniet ek die geselskap baie en is sommer vol grappies.

    • B. 

      ... voel ek nie heeltemal tuis nie. Ek verkies eerder om net met een of twee maats te kuier.

    • C. 

      ... is dit vir my lekker, maar ek hou ook van my alleentyd.

    • D. 

      ... is ek deurmekaar. Ek weet nie mooi wat om tussen ’n klomp mense te doen nie.

  • 2. 
    In ’n konfliksituasie ...
    • A. 

      ... word ek sommer smoorkwaad.

    • B. 

      ... probeer ek die probleem so gou as moontlik oplos. Ek hou niks van baklei nie.

    • C. 

      ... loop ek eerder weg as om te stry en te baklei.

    • D. 

      ... is dit vir my die maklikste om te maak of ek niks weet nie.

  • 3. 
    My huiswerk ...
    • A. 

      ... doen ek maar so gou moontlik om dit agter die rug te kry.

    • B. 

      ... doen ek so goed ek kan.

    • C. 

      ... doen ek dit wat ek verstaan. Die res sal ek die volgende dag uitvind.

    • D. 

      ... is vir my ’n groot bron van stres. Ek is altyd bekommerd of ek die regte werk gedoen het en of dit reg is.

  • 4. 
    My vriend word geboelie ...
    • A. 

      My maats is soos my broers en ek staan op teen enige boelie.

    • B. 

      Ek hou nie van dit wat ek sien nie, maar sal na die tyd my vriendin verseker dat ek daar is vir haar.

    • C. 

      Ek is seker my maat sal oor dit kom.

    • D. 

      Nou-nou word ek ook geboelie. Dit is beter om stil te bly.

  • 5. 
    My pel se klere lyk weird aan hom ...
    • A. 

      Ek sal eerlik wees en vir hom sê dis cool dat hy nuwe goed probeer, maar hy moet eerder by sy vorige styl bly.

    • B. 

      Dit gaan my dalk ’n rukkie neem om die waarheid te praat.

    • C. 

      As hy gelukkig is met hoe hy lyk is ek bly vir hom.

    • D. 

      Ek sal wag totdat iemand anders vir hom sê dit lyk nie goed nie.